Ouma is Opad

Margit Meyer-Rödenbeck (oftewel Dowwe Dolla)
OUMA IS OPAD met Coenraad Rall op klavier
Ouma het afgetree… of so het ons gedink. Maar hierdie tannie van Garies het nog BAIE op die hart. En as iemand nie doekies omdraai nie, is dit Ouma! Met haar unieke, reguit humorsin en stories wat jou laat huil van die lag, vat sy jou saam op ‘n onvergeetlike reis deur ‘n wêreld wat sy nie heeltemal verstaan nie — maar beslis ‘n mening oor het.
Soos Rafiek Mammon onlangs geskryf het: “Meng Meyer-Rödenbeck se waarnemingsvermoë met storievertellery uit die boonste rak, en jy’s in komediehemel. Dink Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf.”
🎟️ Bespreek nou! Moet dit nie misloop nie — Ouma is oppad Vereeniging toe, en sy het nog baie om te sê!
Kom lag jou skoon gesond!